Klippe vanaf brug op N12 naby Delmas gegooi; motoriste gewaarsku
olgens Gino Sansovini, protospanlid van AfriForum se Delmas Valke-buurtwag, was daar gevalle van klipgooiery vanaf die R50 en R42 brug.

Die berugde N12-hoofweg digby Delmas het glo weer ’n nuwe misdaad-tendens.
Volgens Gino Sansovini, protospanlid van AfriForum se Delmas Valke-buurtwag, was daar gevalle van klipgooiery vanaf die R50 en R42 brug.
Een so ’n geval het op 6 November om 01:20 plaasgevind.
Volgens Sansovini, teiken die boosdoeners voertuie, maar veral ook vragmotors – klippe word vanaf die brug op voertuie gegooi.
LEES OOK: Bejaardes by tehuis op Standerton kry hul eie kunsstudio
Die doel is glo om voertuie tot stilstand te dwing waarna bestuurders en passasiers dan beroof word. Motoriste en vragmotorbestuurders word gewaarsku om die N12 teen skemertyd en snags te vermy.
Sou dit nodig wees om saans van die pad gebruik te maak, word motoriste aangeraai om satellietopsoringstoestelle te aktiveer asook regstreekse ligging (live location) met familie of vriende te deel.
Motoriste word verder aangeraai om versigtig en waaksaam te wees wanneer brûe op die N12 genader word.
“Verander ook van baan net voor jy onder deur ’n brug ry; dit gooi die boosdoeners se planne omver,” het Sansovini laat hoor.